Koue Nageregte

AARBEIE EN ROOM (of Orley Whip) (Eton-Mess)

2 bakkies vars aarbeie
swartpeper
50 ml wit asyn
15 ml strooisuiker
METODE:
Sny aarbeie in die verlengde grootte of net middeldeur en pak in 'n plat bakkie met die gesnyde kante na bo.
Maal swartpeper liggies oor.
Druk jou (skoon) vingers in die wit asyn en sprinkel dit oor die aarbeie.
Strooi die strooisuiker oor.
Laat staan vir 15 minute.
250 ml vars room of Orley Whip
12 groot skuimpies (meringues) of 24 kleintjies
METODE:
Klits room / Orley Whip tot styf.
Breek skuimpies (meringues) grof in die room.
Roer laaste die aarbeie by en hou die sous eenkant.
Bedien met die sous wat die aarbeie gemaak het.
Skakel in op 'n tenniswedstryd en verbeel jou jy is op Wimbledon.