Aartappel

AARTAPPEL KOEKIES

Ongeveer 12 koekies gevorm met middelslag roomyslepel
6 gaar aartappels
5 ml sout
30 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml knoffelsout
2 ml elk Ina Paarman Braai & Grill, Groenuie, Garlic & Herb
5 ml IP Potato Spice
2 eiers
125 ml Griekse Joghurt
METODE:
Raspe die aartappels grof.
Meng die droë bestanddele.
Klits die eiers goed en meng met joghurt.
Roer eiers en joghurt met 'n vurk by aartappels.
Voeg die droë bestanddele by.
Vorm ongeveer 12 koekies met 'n middelslag roomyslepel. Druk effens plat.
Bak tot goudbruin in 'n pan met vlakolie.
Dien op met Soetrissiesous.