Aartappel

AARTAPPELSLAAI

6 Aartappels gekook (moet nog stewig wees) met sout en mosterd en in stukkies gesny – nog warm
Sous
375 ml Mayonnaise
½ blikkie Kondensmelk
1 gekookte Eier baie fyngedruk
Pietersielie
10 ml Mosterd
2 fyngekapte Uie (opsioneel)
Blatjang
Sout
Peper
Maak eiers fyn en voeg alles behalwe uie by en maak baie glad.
Voeg uie by aartappels en meng liggies deur.
Gooi eiermengsel oor warm aartappels en uie.
Laat 'n uur of oornag staan.