APPEL VERDWYNKOEK
Verhit oond tot 180°C
3 middelslag grootte appels (skil en sny in baie dun skyfies - ek het Pink Ladies gebruik)
MENG GOED NA ELKE BESTANDDEEL EN VOEG BY IN VOLGORDE:
400 gram natuurlike of Vanielje joghurt
5 ml Vanieljegeursel indien natuurlike joghurt gebruik word
250 ml room of Orley whip of klapperroom
100 gram suiker
40 gram vlapoeier
1 ml sout
5 ml kaneel
125 gram koekmeel
5 ml bakpoeier
Kaneelsuiker om bo-oor te strooi
METODE:
Skil en sny die appels in baie dun skyfies en voeg by deegmengsel en meng baie versigtig deur.
Voer 'n gesmeerde of gespuite pan uit met bakpapier. Skep appel- en deegmengsel daarin. Maak gelyk, strooi kaneelsuiker oor en bak vir 40 - 45 minute by 180°C.
Laat afkoel en laat oornag set in die yskas.