Lensies

BBQ Lensie Frikkadelle

500 ml blikkies lensies of kook jou eie:
250 ml rooi lensies
375 ml kouewater
METODE:
Kook die lensies vir ongeveer 7 minute tot net sag.
Wanneer bruin lensies gebruik word:
750 ml kouewater
Kook vir 10 minute+ tot net sag.

1 ui fyngesny
250 gram sampioene skyfies gesny
15 ml olyfolie
250 ml lensies
METODE:
Braai uie tot glaserig in die olyfolie en roerbraai die sampioene saam vir 'n paar minute.
Voeg 250 ml van die lensies by.
Pols in jou voedselverwerker of staafmenger tot fyn.

Voeg by die fyngemaakte uie, sampioene en lensies in 'n mengbak:
2,5 ml sout
2,5 ml knoffelsout of -vlokkies
5 ml basieliekruid
170 ml hawermout
125 ml vars broodkrummels
250 ml lensies
60 ml vars pietersielie of 30 ml droog
30 ml worcestersous
60 ml BBQ sous
2,5 ml Liquid smoke
METODE:
Meng alles goed deur.
Gebruik 'n groot pan en 15 ml olyfolie.
Skep met 'n maatkoppie of roomyslepel om frikkadelle te maak.
Braai frikkadelle 2 minute aan 'n kant.
SOUS:
175 ml BBQ sous
125 ml water
METODE:
Meng en skep lepelsvol oor elke frikkadel. Braai vir nog 2 minute totdat sous borrel.
Bedien met bruinrys en slaai of groente na keuse.

Related posts