Soet Brood

BESSIE OF KORENTE BROODJIE

Verhit oond tot 180°C
Maak tee met 2 sakkies tee van jou keuse en 500 ml kookwater
85 gram gedroogte bessies / korente
1 eier
125 ml witsuiker
75 gram botter kamertemperatuur
175 gram bruismeel
1 ml sout
5 ml bakpoeier
METODE:
Spuit 'n klein broodpannetjie en voer dit uit met bakpapier.
Week die bessies in die tee.
Klits eier en suiker saam en voeg die botter by.
Voeg die bruismeel, sout en bakpoeier by. Meng goed.
Roer die bessies/korente en tee by en roer tot glad.
Skep in die voorbereide pannetjie en bak vir 1 uur.

Related posts