Soutterte

BILTONGTERT

Verhit oond tot 180 grade Celsius.
1 rol Skilferkors
400 g Biltong baie fyn gesny en nie baie vetterig nie
400g Kaas geraspe
4 Eiers
400 ml room
METODE:
Spuit of smeer 'n 30x20cm oondpan.
Druk die skilferkors in die pan.
Strooi die biltong oor die kors.
Strooi die kaas oor die biltong
Klits die eiers baie goed en voeg die room by.
Gooi eier- en roommengsel oor die tert.
Bak vir ongeveer 'n halfuur totdat die kaas begin verbruin.