Kersfees

BISKOP KOEK

Verhit oond tot 150° Celsius
100 g donker sjokolade in blokkies gebreek
240 g Makadamia neute
125 g Cashew neute
125 g heel dadels in ringetjies gesny
250 g heel rooi glanskersies
125 g heel groen glanskersies
190 ml bruismeel
190 ml strooisuiker
5 ml kaneel
3 eiers geklits
10 ml Vanieljegeursel
2 doppies brandewyn om oor gaar koek te gooi
METODE:
Spuit 'n broodpannetjie van 22 x 11 cm en voer dit uit met bakpapier groot genoeg om die koek in toe te draai. Smeer die bakpapier goed met botter.
Meng die bestanddele in die volgorde aangedui.
Laaste die eiers en geursel.
Skep in pannetjie en maak bo-op gelyk.
Bak vir 1 uur en 45 minute by 150° Celsius. Gooi 2 doppies brandewyn oor koek.
Laat afkoel in oond. Haal uit pannetjie en draai met bakpapier toe en sit vir twee dae in yskas.
Sny met 'n elektriese mes of een met saag tandjies in dik 1.5 cm snytjies. Dit is moeilik maar beweeg net die mes soos 'n saag om mooi deur die neute te sny.