Sop

BLAARSLAAISOP

`n Bak blaarslaaisop met broodjies langs aan
Rhona Peens
4 Porsies
Die sop kan koud of warm opgedien word
30 g botter
50 g ui gesnipper
4 toontjies knoffel gesnipper
50 g aartappel blokkies gesny
340 g blaarslaai gesnipper sonder stammetjies en stingels. Moenie Iceberg gebruik nie dit is bitter
750 ml kookwater
1 blokkie Garlic & Herb opgelos in die kookwater
2.5 ml sout
3 ml fyn koljander
1 ml fyn swart peper
15 ml suurlemoensap
METODE:
Braai die uie en knoffel in die botter tot deurskynend.
Roer die groenteaftreksel by en kook vir 1 minuut.
Voeg die aartappel en blaarslaai by en kook vir 3 minute.
Voeg die geurmiddels behalwe die suurlemoensap by en verminder hitte.
Prut vir 10 minute totdat die aartappels baie sag is.
Laat effens afkoel en versap tot glad vir ongeveer 3 minute met tussenposes van 30 sekondes.