Maalvleis

BOBOTIE

Verhit die oond tot 180 grade Celsius
1 sny brood
250 ml melk
2 eiers geklits
Week die brood in die melk, druk fyn en meng met die eiers
2 uie fyngesny
30 ml olyf- of kookolie
1 kg maalvleis
Braai die uie in die olyfolie. Skuif dit na die eenkant van die kastrol en braai die maalvleis saam tot gaar en los.
Geur met die volgende terwyl die maalvleis nog braai:
15 ml kerriepoeier
22.5 ml suiker
10 ml sout
2.5 ml wit peper
7.5 borrie
30 ml asyn of suurlemoensap
45 ml blatjang
125 ml pitlose rosyne (opsioneel)
8 lourier- of suurlemoenblare
Verwyder van die hitte af en roer eers bietjie maalvleis by die brood- en eiermengsel en daarna die mengsel by die maalvleis en uie.
Skep in 'n gespuite of gesmeerde oondvaste bak. Druk die lourierblare in die bobotie en bak vir 45 minute by 180 grade C.
Wenk: Werk in die resep se volgorde en dit raak een van jou vinnige resepte om voor te berei.

Related posts