Broccoli

BROCCOLI SLAAI SLAAI

2 broccoli koppe
1 ui, fyngesny
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar in klein blokkies gesny
Pakkie knopiessampioene gesnipper
2.5 ml sout
Gekapte neute opsioneel
Paar rosyne opsioneel
Sous:
250 ml mayonnaise of 1/2 ongegeurde joghurt en 1/2 mayonnaise
100 ml kondensmelk
METODE:
Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies.
Kook die broccoli en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. (jy blansjeer basies die broccoli en ui - kook net op)
Dreineer in 'n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros.
Laat alles goed afkoel.
Meng die broccoli met die spek en meng die kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit liggies deur die slaai met twee vurke.
Verkoel voor opdiening.
Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor.
Gooi gerus paar rosyntjies ook by !!!
Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die volgende sous. Met hierdie sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om "te trek" vir optimale geur.
Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droë mostert
Klits alles goed saam en gooi oor slaai

Related posts