(CHIPS) AARTAPPELSKYFIES SOUTBESKUITJIES
Verhit oond tot 200˚ Celsius.
Spuit of smeer 'n oondpan van 26 cm x 36 cm.
200 g gerasperde Cheddar kaas
150 g Sout en Asyn aartappelskyfies fyngedruk
250 ml koekmeel
25 g (halwe pakkie) Dik Wit Uiesop
15 ml droë pietersielie
10 ml Aromat
1 ml Cayenne peper
10 ml fyngemaakte droë brandrissies (Crushed Chillies)
100 g botter by kamertemperatuur
Paprika om oor te sprinkel
Metode:
Meng droë bestanddele by die meel en dan die fyngedrukte aartappelskyfies en gerasperde kaas. Meng die botter by totdat dit 'n deeg vorm. Rol 48 balletjies en pak in die gespuite oondpan. Druk met 'n vurk plat en sprinkel paprika oor.
Bak vir 15 minute by 200 grade Celsius. Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer.