Cous-Cous

COUS-COUS SLAAI

125 ml Cous-Cous
175 ml kookwater
5 ml Ina Paarman Groente-aftreksel
2.5 ml sout
2.5 ml IP Potato Spice
2.5 ml IP Braai & Grill
Cayenne peper na smaak
Knoffelvlokkies na smaak
5 ml olyfolie
METODE:
Meng bestanddele in 'n bak met 'n deksel. Bedek met deksel en laat stoom vir 10 minute.

125 gram ham, hoender in blokkies gesny of 1 blikkie kekerertjies (Chicpeas)
2 Engelse komkommers blokkies gesny
1 wieletjie fetakaas stukkies gebreek
30 ml Gedroogde uie of 1 klein ui of piekel ui in wieletjies gesny
Handvol Cashew neute effens kleiner gebreek
5 ml heuning
60 ml Mayonnaise
30 ml Sweet Chillisous
Sout en peper na smaak
METODE:
Meng die groente en geurmiddels liggies met 'n vurk in die Cous-Cous in. Verkoel in yskas. 

Related posts