Soetterte

DUITSE SUURLEMOENTERT

Verhit oond tot 180 grade C.
KORS:
500 ml Koekmeel
125 ml Suiker
30 ml Botter
2 Eiers geklits
5 ml Bakpoeier
1 ml Sout
50ml Konfyt (Suurlemoen- of Marmelade)
METODE
Smeer of spuit 'n oondvaste tertbord.
Klits botter en suiker goed saam, voeg eiers by en klits goed. Meng koekmeel, sout en bakpoeier en voeg by. Deel deeg in twee, rol uit en druk een laag onder in tertbord vas. Smeer 'n laag konfyt oor gevolg deur die vulsel en die ander uitgerolde deeg.
VULSEL
500 ml Klapper
2 Eiers geklits
30 ml (2 eetlepels) Botter
30 ml Suiker.
METODE
Smelt die botter en suiker saam op stoofplaat of mikrogolfoond. Verwyder van hitte en klits die eiers in tot lig en skuimerig. Roer die klapper by tot goed gemeng en smeer oor die konfyt. Plaas die oorblywende laag uitgerolde deeg versigtig bo-op. Bak vir 30 tot 35 minute tot die kors gaar is. Laat afkoel en gooi versiersel bo-oor.
VERSIERSEL
15 ml (1 eetlepel) Maaskaas
15 gram (1 eetlepel) Botter
1 ml Vanielje- of Botterkaramel geursel
Versiersuiker
Meng eerste drie bestanddele goed saam en voeg net genoeg versiersuiker by om 'n sagte versiersel (nie loperige) versiersel te maak. Smeer oor tertkors.