Soet Brood

EIERLOSE FRANSE EIERBROODJIES

4 snytjies brood
30 ml vlapoeier
30 ml suiker
0.05 ml sout
150 ml melk
30 ml botter en kookolie gemeng om mee te bak
Botter, heuning en versiersuiker om mee op te dien
METODE:
Meng vlapoeier, suiker en sout saam. Voeg 'n bietjie van die melk by en roer totdat daar geen klonte is nie. Roer die res van die melk by. Roer totdat suiker opgelos het. Gooi uit in 'n diepbord met 'n plat bodem.
Dip die snytjies brood weerskante in die vlamengsel.
Braai dit goudbruin in 'n medium warm pan met die botter en kookolie aan albei kante deur dit baie keer om te draai.
Dien op met botter, heuning en versiersuiker oorgesif.
Indien daar vlamengsel oorbly - kook in die mikrogolf vir 1 minuut en roer elke 15 sekondes. Dien saam op.