Warm Nageregte

GEBAKTE PERSKE NAGEREG

Voorverhit die oond tot 180 C.
125 g botter kamertemperatuur
160 ml strooisuiker
3 ekstra groot eiers
300 ml meel
100 ml maizena
10 ml bakpoeier
825g perskes gedreineer
BOLAAG:
45 ml suiker
5 ml kaneel
SOUS:
250 ml perskesous (As dit te min is vul aan met water)
125 ml bruinsuiker
15 ml botter
METODE:
Smeer 'n oondvaste bak van ongeveer 30 cm in deursnee goed met botter.
Room die botter en strooisuiker.
Klits die eiers een vir een by.
Sif die meel, maizena en bakpoeier saam en vou by die eiermengsel in.
Plaas die perskes onder in die voorbereide bak en giet die beslag oor.
Meng die suiker en kaneel en sprinkel oor die beslag.
Bak vir 35-40 min tot goudbruin en gaar.
METODE VIR SOUS:
Laat die suiker. water en botter opkook totdat suiker gesmelt het.
Gooi warm oor die warm poeding en bak dit vir 'n verdere 10 minute totdat dit mooi gekaramaliseer het.
Bedien warm saam met roomys of vla.