GEMMER FRIKKADELLE
Verhit oond tot 180 grade C.
500 g Maalvleis
1 eier geklits
125 ml Joghurt
60 ml Hawermout
2,5 ml Sout
METODE VIR DIE FRIKKADELLE:
Meng alles goed saam en maak Frikkadelle. Pak in 'n oondpan.
Gooi sous oor en bak 30 minute by 180 grade C tot mooi bruin.
SOUS:
1 Vleisaftreksel blokkie
500 ml Kookwater
50 ml Tamatiessous
30 ml Bruinsuiker
30 ml Asyn
30 ml Kookolie
50 g Gemmerkoekies
METODE VIR DIE SOUS:
Meng alles goed saam totdat die aftrekselblokkie en koekies opgelos het. Gooi oor frikkadelle.