Soet Brood

GEMMER PIESANGBROOD

Verhit oond tot 180° Celsius
750 ml koekmeel
7 ml koeksoda,
12 ml bakpoeier
4 ml sout
5 ml fyn gemmer
187 g botter kamertemperatuur
375 ml suiker
3 eiers
562 ml Piesang moes
90 ml Griekse joghurt
7 ml Vanieljegeursel
METODE:
Meng droë bestanddele.
Room botter en suiker. Klits eiers en meng by. Voeg Griekse joghurt en Vanieljegeursel by. Voeg droë bestanddele en piesangmoes om die beurt by. Skep in twee gesmeerde / gespuite broodpannetjies. Bak 50 minute by 160° Celsius. Laat in die oond afkoel.

Related posts