Sout Brood

GIN EN TONIC KAAS VETKOEK

(20 Vetkoeke)
2 eiers
2 proppies Gin (Vodka sal ook werk)
375 ml Tonic water
7 ml sout
750 ml bruismeel
1 ml Cayenne peper
1 ml Paprika
500 ml Cheddar kaas geraspe
15 ml pietersielie opsioneel
Cheese en Chives Sprinkles of Aromat om bo-oor te gooi
METODE:
Klits die eiers goed en voeg die res van die bestanddele by. Laaste bruismeel en kaas.
Bak eetlepelsvol in diep-olie wat nie te warm is nie. Toets met 'n toetspen of vetkoek binne gaar is. As kookolie te koud is gaan die vetkoeke olie trek. Die vetkoeke draai hulle self om.
Sprinkel Cheese en Chives Sprinkles bo-oor.
Bedien met Soet Rissie- of BBQ-sous.