Glanskersies

GLANSKERSIE TERT

Verhit oond tot 150°C
125 gram botter
100 ml suiker
30 ml kookolie
5 ml Vanieljegeursel
1 eier geklits
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
Kersiekonfyt
200 gram glanskersies
METODE:
Spuit of smeer 'n 20x30 cm oondpan.
Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg kookolie en geursel by.
Roer geklitste eier by en roer goed.
Meng droë bestanddele saam en voeg by. Meng tot 'n deeg.
Druk die helfte van die deeg in die gesmeerde pan.
Smeer konfyt oor en rangskik kersies oor die konfyt.
Druk die ander helfte van die deeg bo-oor.
Bak vir 45 minute tot 'n uur.
Sny in blokkies wanneer dit afgekoel het.

Related posts