Groenbone

Groenboontjiekoekies met Piesangsous

500 ml groenboontjies (oorskiet of kook met aartappels en uie)
Sout en peper na smaak
10 ml botter
15 ml pietersielie fyngekap of 10 ml gedroog
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
melk indien nodig
METODE:
Druk groenboontjies fyn en geur met sout, peper en botter.
Roer pietersielie by.
Voeg koekmeel en bakpoeier by.
Gooi melk by indien te styf.
Bak soos plaatkoekies en bedien met piesangsous.
PIESANGSOUS:
1 ui
bietjie kookolie
2,5 ml kerriepoeier
2 piesangs
125 ml mayonaise
suiker na smaak
sout na smaak
Braai ui in kookolie tot sag. Voeg kerriepoeier by. Druk piesangs fyn en voeg by. Roer mayonaise en suiker na smaak by. Proe of sout nodig is - gewoonlik nie.