Vleis

HEERLIKE BIEFSTUK MET SAMPIOEN- EN KAASSOUS

1 kg gekapte biefstuk (tenderised steak) (sny in stukke)
Meng 190 ml koekmeel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie sampioene in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in 'n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel blatjang,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade. Verminder hitte na 110 grade en laat staan in oond tot opdiening