Groot Koeke

Heerlike Sjokoladekoek in die Mikrogolfoond

85 g botter of margarien kamertemperatuur
125 ml suiker
60 ml Griekse Joghurt
175 ml melk
165 g koekmeel
15 ml kakao
10 ml bakpoeier
5 ml vanieljegeursel
1 ml sout
Metode:
Spuit of smeer 'n 1 liter mikrogolfbak.
Meng koekmeel, bakpoeier, kakao en sout saam.
Room botter en suiker tot romerig. Voeg vanilla geursel en joghurt by en klits goed. Meng koekmeel by die beslag in om die beurt met die melk.
Skep in mikrogolfbak en mikrogolf vir 5 minute op 'n omgekeerde piering. Laat in die mikrogolf afkoel vir 5 minute.
Laat heeltemal afkoel en versier.
Indien 'n laagkoek verlang word maak nog een aan en bak in dieselfde grootte mikrogolfbak. Verdubbel die versiersuiker om tussenin te smeer of gebruik appelkooskonfyt.
Versiersel:
60 ml versiersuiker
15 ml kakao
25 g botter
15 ml Griekse Yoghurt
5 ml vanieljegeursel
Sif versiersuiker en kakao saam.
Klits botter tot romerig en voeg die versiersuiker en kakao by. Klits die Griekse joghurt by en daarna die vanillageursel.
Indien dit te styf is meng teelepel gewys melk by.