Jellie

JELLIE NAGEREG

4 pakkies jellie met verskillende kleure (1 moet ‘n geel kleur hê soos suurlemoen of pynappel)
1 blikkie kondensmelk
Kookwater
Maak 3 van die pakkies jellie aan met 1 pakkie jellie en 1 koppie kookwater.
Verkoel dit in drie plat bakke met ‘n groot oppervlakte.
Sny die jellie in blokkies sodra dit styf is.
Pak die verskillende kleure deurmekaar in ‘n diep bak.
Los geel jellie op in 1 koppie kookwater en meng met blikkie kondensmelk.
Gooi oor die blokkies en plaas in yskas om te stol.
Dien op met vla.
VLA
1 blikkie kondensmelk
150 ml vlapoeier
1 liter kookwater
Meng vlapoeier met kondensmelk en dan kookwater.
Kook in mikrogolfoond vir 2 minute indien verkies.