Rys

KAAS-RYS-GEREG

Verhit die oond tot 200 grade Celsius.
4 x 250 ml koppies gaar rys
250 ml gerasperde kaas
2.5 ml teelepel mosterd
2 eiers
500 ml melk
Vars gemaalde swartpeper (opsioneel)
30 ml Mielieblom (Maizena)
1 ml Cayenne-peper
Sout volgens smaak
10 ml botter
METODE:
Kook die melk met die mosterd, cayenne-peper, sout, botter en swartpeper.
Meng die mielieblom met 'n bietjie ekstra melk, voeg dit by die kokende melk en roer goed totdat dit dik word. Verwyder kastrol van die warm plaat.
Klits die eiers, voeg 'n bietjie van die sous by die eiers en gooi dit dan terug in die sous. Roer goed.
Plaas terug op warm plaat, voeg die kaas by en roer totdat dit gesmelt het. Meng met die gekookte rys.
Bak in 'n oondskottel wat in 'n pan met water staan vir ongeveer 45 minute totdat die rysgereg gestol het
Bedien met 'n sous van jou keuse - tamatie-en-uiesous is heerlik daarby.