Kaas

KAASBALLETJIES

300 g gerasperde kaas van jou keuse (Ek het Gouda gebruik)
1 geklitste eier
45 ml Maizena
5 ml Aromat met kaas
1 ml Cayenne peper
15 ml droë pietersielie
5 ml mostertpoeier
Ongeveer 125 ml droë broodkrummels (Ek gebruik Kelloggs)
METODE:
Diep kookolie om in te braai.
Meng al die bestanddele goed saam.
Rol balletjies en rol in droë broodkrummels.
Braai in warm kookolie tot mooi bruin en dreineer op kombuispapier.
WENK: Maak maar byvoorbaat die resep dubbel aan.