Groot Koeke

KAASKOEK KOLWYNTJIES

Verhit oond tot 170°C.
365 g roomkaas
125 ml suurroom
5 ml vanieljegeursel
60 ml koekmeel
280 ml witsuiker
3 ekstragroot eiers
BOLAAG:
250 ml suurroom
15 ml witsuiker
5 ml vanillageursel
METODE:
Klits roomkaas goed en klits suurroom en vanilla by. Meng koekmeel en suiker en voeg om die beurt by met een een eier. Klits goed na elke byvoeging.
Voer kolwynpannetjie uit met papierbakkies. Spuit die papierbakkies en vul tot amper vol. Beslag vul 15 kolwyntjies.
Bak vir 15 minute. Haal uit oond. Meng bestanddele vir bolaag en skep in holte van kaaskoek kolwyntjie. Versier met halwe kersie en bak vir verdere 10 minute. Laat afkoel en hou in yskas tot bediening.

Related posts