Soetterte

KARAMELTERT

500 g Cremora
250 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie karamel kondensmelk
250 ml suurlemoensap vars uitgedruk
pakkie Tennisbeskuitjies
80 g botter gesmelt
2 PS sjokolade stafies gesnipper
METODE:
Los die Cremora op in die kookwater en koel dit af tot yskoud.
Spuit 'n 30 x 20 cm tertbak. Maak die Tennisbeskuitjies fyn en klam dit aan met die gesmelte botter. Druk dit in die tertbak en hou in die yskas.
Klits dit styf en voeg die kondensmelk, karamel kondensmelk en suurlemoensap by. Roer tot net gemeng. Moenie te veel meng nie dan word die vulsel waterig.
Snipper die PS sjokolade stafies bo-oor en hou in yskas.