Sout Brood

KNOFFEL BROODJIES

Verhit oond tot 180˚ Celsius
430 g kapokaartappels (nie te styf nie) of kits Kapokaartappels bv Smash (Ek koop “Instant Mash” by Makro)
230 g bruismeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout
Peper na smaak
5 ml Oreganum
METODE:
Meng droë bestanddele en geurmiddels by kapokaartappels in tot ‘n hanteerbare deeg en maak 7 bolletjies.
Bak vir 25 - 40 minute in voorverhitte oond tot mooi bruin bo.
BOLAAG:
150 g gesmelte botter
5 knoffeltoontjies fyngedruk en gesnipper
15 ml droë pietersielie of 10 ml vars pietersielie
500 ml Mozarella of Cheddar gerasperde kaas
Paprika om bo-oor te strooi
METODE:
Meng alles saam behalwe Paprika en kaas en gooi oor broodjies.
Strooi kaas en paprika bo-oor.
Bak vir ‘n verdere 10 minute.

Related posts