Groot Koeke

KOEK SONDER EIERS

125 ml botter of margarien
250 ml witsuiker
150 ml Aqua Faba (1 blikkie se sous van Kekerertjies (Chic Peas)
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
150 ml melk
5 ml asyn
5 ml Vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 grade Celsius.
Room botter en suiker en voeg Aqua Faba bietjie vir bietjie by en klits baie goed.
Meng droë bestanddele en voeg om die beurt by die bottermengsel met die melk, asyn en vanilla wat gemeng is.
Bak in gespuite oondpan vir 30 minute.
Laat afkoel en versier.
(Ek het 'n toets gemaak met die Aqua Faba en was verras met die resultaat)