Koue Nageregte

KOEKSTRUIF (TRIFLE)

1 pakkie rooi jellie
1 pakkie groen jellie
Rolkoek
750 ml vla (resep onder)
175 ml wyn van jou keuse
1 klein pakkie van elk rooi en groen kersies
2 stukkies gemmerkonfyt opsioneel
60 ml gekapte neute opsioneel
250 ml vars room of Orley Whip
6 van elk groot rooi en groen kersies vir versiering
METODE:
Los elke pakkie jellie op in 175 ml kookwater. Plaas in yskas om te stol.
Sny rolkoek in wiele en dan in blokkies.
Sny kersies en gemmer in kwarte.
Pak die koekblokkies onder in 'n groot glasbak en gooi die wyn bo-oor.
Sprinkel 'n laag neute, kersies en gemmerkonfyt oor.
Volg met 'n laag vla en herhaal die proses totdat alles gebruik is.
Eindig met 'n laag vla.
Laat staan vir 'n paar uur in die yskas.
Klits die room of Orley Whip styf en skep oor die vla-laag.
Sny die jellie in klein blokkies en strooi oor die room of Orley Whip.
Versier met groot kersies en dien op.
VLA:
1 blikkie kondensmelk
45 ml vlapoeier
0.5 ml sout
60 ml kouewater
500 ml kookwater
METODE:
Meng die kookwater en kondensmelk in 'n kastrol op die stoof baie goed. Gooi eers die kookwater in die kastrol en dan die kondensmelk.
Meng die sout en vlapoeier met die kouewater tot glad.
Laat die kondensmelk en kookwater kook en voeg die aangemaakte vlapoeier by.
Roer totdat dit kook. Pasop vir brand.