Soutterte

KORSLOSE SOUTTERT

Verhit die oond tot 180˚ Celsius
250 g bacon blokkies gesny
85 g gerasperde Cheddar kaas
Pietersielie fyngesny na smaak
2 eiers geklits
30 g botter
30 ml koekmeel
2,5 ml sou ten peper na smaak
1 ml Cayenne peper
5 ml mostertpoeier
250 ml melk
METODE:
Volg die bestanddele lys tot by die eiers.
Braai die bacon in die botte ren skep uit.
Roer die koekmeel by en die melk bietjie vir bietjie tot ‘n loperige witsous.
Laat effens afkoel en voeg die eiers by. Roer goed.
Laaste die gaar bacon, gerasperde kaas, pietersielie en Mostert.
Bak vir 30 tot 40 minute by 180˚ Celsius.
Bedien louwarm.

Related posts