Groot Koeke

LAASTE-MINUUT-VRUGTEKOEK

Verhit oond tot 140 grade Celsius
Kook vir 10 minute:
Gebruik 'n groot kastrol en pasop vir oorkook.
1 kg vrugtekoekmengsel
250 g botter of margarien
10 ml koeksoda
500 ml suiker
750 ml kookwater
250 g dadels
Laat afkoel en voeg die volgende by:
500 ml koekmeel
4 eiers
10 ml bakpoeier
5 ml gemengde speserye (Mix Spice)
1 klein pakkie groen glanskersies
1 klein pakkie rooi glanskersies
250 ml brandewyn
100 ml neute (opsioneel)
METODE:
Meng alles baie goed saam en bak vir 1 1/2 uur by 140 grade Celsius.
Versier met neute en kersies bo-op voordat dit gebak word.