Soethappies

LEMOEN EN GRINADELLA BLOKKIES

Verhit oond tot 180°C
BOLAAG:
30 ml strooisuiker
125 ml koekmeel
40 gram botter kamertemperatuur
0.5 sout
50 gram neutsplinters
Gerasperde skil van 1 lemoen
METODE:
Meng die suiker, sout en koekmeel goed.
Vryf die botter in die meelmengsel.
Laaste die neutsplinters en lemoenskil. Meng goed.
KOEK:
375 ml versiersuiker
125 ml koekmeel
5 ml fyn kaneel
100 gram amandelmeel of gemaalde neut
185 gram gesmelte botter
6 eierwitte of gebruik geen sout AquaFaba 45 ml = 1 eierwit
2 x 115 gram grinadellamoes (+ 10 ml strooisuiker, opsioneel)
1 ml sout
15 ml strooisuiker
METODE:
Spuit 'n vierkantige koekbak en voer uit met bakpapier.
Meng suiker, koekmeel, amandelmeel en kaneel in 'n bak.
Klits die eierwitte/AquaFaba tot styf maar nie droog nie.
Meng eers die gesmelte botter goed deur en dan die eierwitte.
Skep die deeg in die voorbereide pan. Strooi die helfte van die bolaag oor, dan die grinadellamoes en dan weer die bolaag.
Strooi laaste die 15 ml strooisuiker oor en bak 40 minute.
Laat afkoel en sny in blokke.