Mielies

MIELIETERT

Verhit oond tot 180°C
1 blikkie suikermielies (Sweetcorn)
1 blikkie pitmielies
70 g gesmelte botter
30 ml Griekse Joghurt
10 ml Sour cream & chives sprinkles
10 ml aangemaakte mostert
2 ml knoffelvlokkies
5 ml Ina Paarman Potato Spice
60 g gerasperde kaas
105 gram bruismeel
5 ml bakpoeier
Paprika om bo-oor te stooi
METODE;
Spuit of smeer 'n middelslag tertbak.
Dreineer die pitmielies en meng met die suikermielies.
Roer die gesmelte botter by.
Geur na smaak met die geurmiddels.
Meng die joghurt en 60 g kaas goed by.
Meng die bruismeel en bakpoeier liggies by.
Skep in 'n gesmeerde bak en maak gelyk bo-op.
Sprinkel met paprika.
Bak vir ongeveer 25 tot 30 minute.
Bedien met ekstra botter en kaas (en ek drup so bietjie heuning oor myne tot my gesin se ergernis)