Pasta

Noedel-slaai

1 pak (500g) skroef- of skulp-noedels
1 soetrissie
1 ui
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
125 ml sonneblomolie
200 ml witsuiker
25 ml matige kerriepoeier
'n paar druppels Tobascosous
knypie peper
METODE:
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie in soutwater en na smaak en laat dit goed dreineer.
Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. Skil en kap die ui fyn.
Meng by die noedels in. Gebruik 'n groot slaaibak.
Meng die res van die bestanddele en gooi oor die noedels en meng liggies met 'n vurk.
Verkoel oornag in die yskas voor opdiening.
Die slaai hou lank in die yskas. Die smaak verbeter hoe langer dit staan.