Groot Koeke

PYNAPPELKOEK

Pynappelkoek op `n bord langs `n pynappel
Rhona Peens
Verhit oond tot 170 grade C.
500 ml koekmeel
400 ml suiker
2 eiers
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
5 ml vanilla
1 ml sout
1 groot blik of 2 klein "crushed pineapple"
BOLAAG:
125 g sagte botter
125 g roomkaas kamertemperatuur
5 ml vanilla
375 ml versiersuiker
METODE:
Spuit oondpan van ongeveer 30x20cm.
Klits eiers, vanilla en suiker saam. Roer droë bestanddele by en laaste pynappel met die sap.
Skep in oondbak en bak 30 tot 40 minute totdat kors ligbruin is en toetspen skoon uitkom.
METODE BOLAAG:
Klits botter en roomkaas saam. Dan versiersuiker en laaste vanilla.
Skep oor effens afgekoelde koek. Die bolaag smelt so effens in die koek in.