Hoender

ROOI HOENDERPOTJIE

1 kg hoenderstukke na smaak
10 ml sout
10 ml varsgemaalde swartpeper
250 ml koekmeel
2 medium uie fyngekap
250 ml rys gaargekook
10 ml fyn gemmer
5 ml gemaalde knoffel
25 ml Botter
15 baba aartappeltjies of sny groot aartappels in wiggies
500 g gevriesde babawortels
12 vlapampoentjies
250 g sampioene
Sous:
300 ml Tamatiesous
50 ml Blatjang
20 ml Worcestersous
3 ml Tabascosous
50 ml Asyn
50 ml Suiker
5 ml mosterdpoeier
15 ml Paparika
125 ml Water
METODE:
Meng die sous bestanddele in ‘n fles met 'n skroefdeksel en skud goed tot alles gemeng is. Maak die pot warm en gooi die botter in. Braai die ui, gemmer en knoffel tot die geur goed gemeng het. Neem die hoenderstukke en strooi goed met sout en peper. Rol nou die hoender in die meel en plaas in die pot. Gooi die sous oor die hoender. Roer deur sodat die hoender met uie en olie bedek word. Van nou af word die pot nie weer geroer voor opskep-tyd nie. Laat prut 20 minute. Voeg die groente soos volg by: Aartappels, wortels, pampoentjies en sampioene. Laat prut 45 minute. Voeg die gaar rys by die laaste 10 minute se kooktyd en laat die sous deurkook. Genoeg vir 6 tot 8 mense
(Ek hou die rys eenkant en bedien die vleis bo-op die rys)