Groot Koeke

ROOM- EN KONDENSMELK KOEK

Room- en kondensmelk koek op `n bord
(Verhit oond tot 180°C)
1 blikkie kondensmelk
500 ml room
30 ml kookolie
375 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
METODE:
Meng kondensmelk, room en kookolie in 'n mengbak.
Meng droë bestanddele en klits bietjies op 'n keer by met elektriese klitser by die vloeistofmengsel totdat daar geen klontjies meer is nie.
Skep in gespuite koekpan uitgevoer met waspapier en bak vir 25 tot 30 minute.
Versier met botterversiering.
VERSIERING
125 gram sagte botter
250 gram versiersuiker
15 ml melk
2.5 ml Vanieljegeursel
METODE:
Klits die botter tot lig en donsig met elektriese klitser.
Voeg bietjie vir bietjie versiersuiker by. Meng melk en Vanieljegeursel en klits by.
Vir die heerlikste resultaat - laat oornag staan.