Warm Nageregte

SJOKOLADE NAGEREG

Verhit oond tot 180° C.
250 ml Koekmeel
20 ml kakao
175 ml melk
5 ml Vanieljegeursel
1 eier
2 ml sout
175 ml suiker
60 ml botter
10 ml bakpoeier
1 ml sout
METODE:
Smelt die botter en suiker vir 40 sekondes in die mikrogolfoond of op stoof totdat die botter gesmelt het. Klits dit goed tot lig en romerig. Klits die eier en geursel goed en voeg by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt by die bottermengsel met die melk. Skep uit in gesmeerde / gespuite oondbak en gooi die sous oor.
SOUS:
250 ml suiker
30 ml kakao
1 ml sout
250 ml kookwater
METODE:
Meng die suiker, kakao en sout en dan met die kookwater. Meng totdat die suiker gesmelt het en gooi oor 'n lepel oor die deeg. Bak vir 30 minute by 180 ° Celsius.