Southappies

SKYFIES SOUTBESKUITJIES

Stel die oond op 200 grade C
200g gerasperde Mozzarella- of wit Cheddarkaas
1 pak (150g) skyfies met 'n skerp geur fyngemaak
190g bruismeel (Glutenvrye bruismeel vir die allergieë)
100g botter by kamertemperatuur.
1 ml Cayenne Peper
Paprika om oor te sprinkel opsioneel
METODE:
Spuit ‘n bakplaat. Meng kaas, skyfies, bruismeel, Cayenne peper en botter saam tot ‘n sagte deeg. Rol balletjies tussen die handpalms. Pak op bakplaat. Druk plat met vurk en bak vir 10min. Verbruin effens onder die oondrooster.