Lekkers

SMARTIE FUDGE

320 g Milky Bar (Honey comb) in blokkies gebreek
153 g botter in blokkies gesny
289 g kondensmelk
125 ml fyn klapper
200 g brosbrood met sjokolade splinters opgebreek
125 g Smarties
METODE:
Smeer of spuit 'n 25 x 20 cm bak.
Gebruik n groot en diep glasbak of mikrogolf vaste plastiese bak.
Breek die sjokolade in blokkies onder in die bak.
Sprei die botterblokkies oor die sjokolade blokkies.
Gooi die kondensmelk oor.
Smelt vir 3 minute in die mikrogolfoond op hoog en roer elke 30 sekondes.
Haal uit die mikrogolfoond en laat vir 5 minute afkoel.
Roer goed deur en voeg die klapper by.
Laaste die fyngedrukte koekies. Meng goed.
Deel in twee dele en smeer eerste deel in die gesmeerde pan.
Rangskik die Smarties in rye soos wat dit in blokkies gesny gaan word. Mens kan nie deur die Smarties sny nie.
Krap die bak leeg en smeer die smarties toe.
Merk die blokkies diep af soos wat dit gesny moet word en rangskik die Smarties waar dit nie gesny gaan word nie.
Plaas oornag in die yskas. Druk 'n mes in kookwater, droog dit af en sny die blokkies los van mekaar.
N.B. Ek het die resep dubbel gemaak in 'n 30 x 25 cm bak.

Related posts