Soethappies

SMULLEKKER SJOKOLADEBLOKKIES

1 pakkie Tennisbeskuitjies in stukkies gebreek
115 g sagte botter
115 g strooisuiker
30 ml kakao (gesif)
30 ml sterk warm water
5 ml Vanieljegeursel
115 g sjokolade in stukkies gebreek
GANACHE:
125 g sjokolade in stukkies gebreek
125 ml vars room
METODE:
Smeer met botter/spuit 'n vierkantige bak.
Klits botter en strooisuiker tot lig en donsig.
Los die kakao op in die warm water en geursel en voeg by.
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en klits by die mengsel.
Meng goed deur en roer die tennisbeskuitjies by sodat dit oral met sjokolade bedek is. Werk versigtig sodat dit nie krummel nie.
Druk stewig vas in die gesmeerde/gespuite bak en verkoel vir 1 uur.
Smeer die Ganache oor. Verkoel 'n paar uur of oornag voor opdiening. Sny versigtig in blokkies.
GANACHE METODE:
Bring die room in 'n pannetjie op die stoof tot kookpunt en verwyder van die hitte.
Roer die sjokolade by en roer aanhoudend totdat dit gesmelt en blink en goed gemeng is.
Smeer oor die blokkies en verkoel in die yskas.