Sop

SOP-DIEET OM DIE KERSFEES EN NUWE JAAR ROLLETJIES TE LAAT WEGSMELT

(As jy nie gewig verloor met hierdie dieet nie het jy gekul)
BESTANDDELE
750 ml fyngemaakte tamaties
325 ml Pasta Sous
125 ml tamatiepasta (1 klein blikkie)
6 uie grof gesnipper
500 ml kookwater met 2 blokkies aftreksel
1 bossie selderystingels & blare
500 g vars groenbone grof gesny
2 klein of 1 groot groen soetrissies met drie boudjies, die met vier is vir slaai (ek gebruik rooi) opgesny
500 g wortels wieletjies gesny
10 ml Chillie poeier (begin maar eers met ‘n halftelepel en dan meer na smaak)
5 ml growwe sout
10 ml paprika
1 ml Cayenne peper
10 ml voorbereide mosterd
5 ml gemaalde swartpeper
METODE:
Meng tamaties, pastasous, tamatiepasta en vleisaftreksel in 'n baie groot aftrekselpot.
Oor medium/hoë hitte, bring mengsel tot kookpunt.
Verlaag hitte en prut met ‘n deksel vir 15 minute.
Was en kap wortels, seldery (insluitend toppe) en groenrissies grof.
Was en sny groenbone.
Sny uie grof en voeg by.
Voeg alle groente by prutpot.
Roer goed om alles te meng.
Voeg brandrissiepoeier, Cayenne peper, mosterd, sout, swartpeper en paprika by sopmengsel.
Roer en prut op laag vir 60 - 90 minute. Versap alles saam en hou in yskas.
--------------------------------------------------
SOPDIEET - Dag #1.
Drink ‘n koppie sop voor elke ete.
Eet soveel van enige vrugte wat jy wil, BEHALWE PIESANGS.
Eet vandag net sop en vrugte, maar eet alles waarvoor jy lus is.
------------------------------------------
Dag #2.
Drink ‘n koppie sop voor elke ete.
Alle Groente.
Vul aan met vars groente (slaaie ens.).
Eet 'n groot gebakte aartappel met botter tydens aandete.
Maar GEEN VRUG VANDAG NIE.
--------------------------------------------------
Dag #3.
Drink ‘n koppie sop voor elke ete.
Eet al die vrugte en groente wat jy wil hê, maar GEEN AARTAPPELS NIE.
As jy nie verneuk het nie, sal jy al gewig verloor het.
--------------------------------------------------
Dag #4.
Drink ‘n koppie sop voor elke ete.
Piesangs en afgeroomde melk.
Eet ten minste 3 piesangs en al die melk wat jy voor lus is.
--------------------------------------------
Dag #5.
Drink ‘n koppie sop voor elke ete.
Beesvleis en Tamaties.
Jy kan tot 500 g beesvleis en 6 tamaties eet in enige styl wat jy verkies.
--------------------------------------------------
Dag #6.
Drink ‘n koppie sop voor elke ete.
Beesvleis en Groente.
Eet vandag al die beesvleis en groente wat jy voor lus is.
Jy kan 2-3 steaks so groot soos jou handpalm eet as jy wil, met groen blaargroente.
Maar GEEN AARTAPPELS NIE.
--------------------------------------------
Dag #7.
Bruinrys, onversoete vrugtesap en groente vandag.
Eet alles wat jy wil wanneer jy wil en eet so gereeld as wat jy kan sop.
Vertel vir jou skaal dat jy regtig baie van hom hou.