Soutterte

SOUTTERT

Kors:
500 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml bakpoeier
1 ml Cayenne
2 ml mostertpoeier
125 g botter of margarien
10 ml suiker
Metode:
Meng droë bestanddele saam behalwe die suiker.
Raspe die botter in die droë bestanddele en meng. Voeg suiker by en meng goed.
Druk mengsel stewig van in 'n bakplaat van 230x300 mm.
Plaas in yskas terwyl die vulsel berei word.
Vulsel:
Verhit die oond tot 200 grade C.
2 eiers hardgekook en geraspe
250 g gaar gesnipperde ontbytspek of gerasperde ham of hoender pelony (Chakalaka geur)
250 ml gerasperde kaas verkieslik Cheddar
30 ml pietersielie of grasuie fyngekap
15 ml aangemaakte mosterd
1 ml Cayenne
Bolaag:
1 geklitste eier gemeng met 125 ml melk, knippie sout en peper
Paprika om bo-oor die tert te strooi
Witsous:
30 ml botter of margarien
30 ml Dik wit uiesop
1 ml sout
Peper na smaak
250 ml melk
Maak 'n nie te dik witsous van die bestanddele.
Voeg die vulsel se bestanddele by en versprei dit egalig oor die kors. Gooi die bolaag oor die agterkant van 'n lepel oor die vulsel. Druk met 'n mes gaatjies in die vulsel tot op die bodem van die pan en strooi Paprika oor.
Bak vir 10 minute by 200 grade C en verminder die hitte na 180 grade C vir die volgende 20 tot 30 minute tot bolaag gaar is.

Related posts