Mielies

Suikermielie bolaag vir Maalvleis

28g (2 eetlepels) Botter of Margarien
2.5 ml (1/2 teelepel) Sout
2 Eiers
187 ml (3/4 koppie) Melk
10 ml (2 teelepels) Bakpoeier
30 ml (2 eetlepels) Maizena
Blikkie Suikermielies
500g of meer gaar gemaalde vleis

Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Smelt die botter of margarien en sout saam. Klits die eiers goed en voeg die melk by en daarna die gesmelte margarien en sout. Klits met 'n handklitser die bakpoeier by en laaste die Maizena. Roer die suikermielies met 'n metaallepel in en gooi oor gaar gemaalde vleis. Bak vir ongeveer 20 minute of totdat die bolaag mooi ligbruin is.
N.B. Dit is belangrik om die volgorde te volg waarin die bestanddele bygevoeg word.