Groot Koeke

SUURLEMOENKOEK

Verhit oond tot 180°C
1 suurlemoen
40 ml kookolie
150 ml suiker
3 eiers
500 ml koekmeel
12,5 ml bakpoeier
1 ml sout
METODE:
Sny die suurlemoen in klein stukkies in 'n voedselverwerker of 'n bak waarin met 'n staafmenger gewerk kan word.
Voeg die kookolie, suiker en eiers by.
Verwerk totdat dit glad is sonder enige suurlemoenstukkies.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vou by die suurlemoenmengsel in.
Skep uit in 'n gesmeerde/gespuite broodpannetjie van 15x25 cm en bak vir 40 tot 50 minute by 180°C totdat 'n toetspen skoon uitkom.
VERSIERSEL:
500 ml versiersuiker
Halwe tot heel suurlemoen se sap
METODE:
Meng tot glad en gooi oor afgekoelde koek.