Blomkool

Teriyaki Blomkool en noodles vir een persoon

Verhit die oond tot 180°C (Air Fryer sal ook werk)
Sous:
62.5 ml Sojasous
125 ml Water
15 ml Mielieblom
60 ml Heuning
Die volgende bestandele is opsoneel maar dit maak die sous heerlik.
45 ml Asyn
60 ml Fyngekapte Pynappel
30 ml Pynappelsap
1 Fyngekapte Knoffelhuisie
5 ml Fyngekapte vars Gemmer
15 ml Fyngekapte Sprietuie
1 Pakkie 2 Minute noodles (sonder die geurmiddels)
5 tot 10 stukkies gevrieste Blomkool
Meng al die sous bestandele saam en maak seker die mielieblom het nie klonte gemaak nie.
Plaas die noodles in 'n klein oondvaste bakkie. Die noodles kan gebreek word indien u nie van lang stringe noodles hou nie.
Gooi die sous oor die noodles en plaas soveel blomkool stukkies bo-op as waarvoor u lus het.
Bak vir 20 minute teen 180°C.
Laat vir 'n paar minute afkoel die sous is kokend rokend warm en word 'n bietjie dikker wanneer dit afkoel.