TONG IN MOSTERTSOUS
Kook tong vir 2 tot 3 ure in water en 1 teelepel sout vir elke liter water, asyn en suurlemoenblare tot sag. Trek die vel af en sny in wieletjies.
Verhit oond tot 180° Celsius
BESTANDELE
SOUS
125 ml suiker
250 ml kookwater
125 ml mayonnaise
2,5 ml sout
25 ml droë mostert
125 ml wit asyn
30 ml olie
30 ml koekmeel
Sap van 1 suurlemoen
broodkrummels
METODE:
Plaas olie, koekmeel, mostert, suiker, sout en kookwater saam in bak. Meng goed. Voeg asyn, mayonnaise, suurlemoensap by en roer goed. Pak nou ‘n laag tong in 'n oondvaste bak en dan ‘n laag sous, hou so aan tot alles ingepak is. Strooi broodkrummels bo-oor. Bak vir 30min by 180° Celsius. Geniet.