Dranke

TUISGEMAAKTE GEMMERBIER

12 x 750 ml bottels water
1.75 kg suiker
15 ml kremetart (Cream of Tartar)
15 ml Wynsteensuur (Tartaric Acid)
1 botteltjie Lemoen Essense (nie geursel nie)
30 ml fyn gemmer
Wit van 2 eiers styfgeklits
'n handvol rosyne (opsioneel)
METODE:
Kook 3 of 4 bottels van die water met die suiker en gemmer.
Laat afkoel.
Gooi die res van die bestanddele by en laat vir 3 dae staan.
Bedien yskoud.
(Ek hou nie van rosyne daarin nie. Ek sit dit dadelik in die yskas en bedien wanneer dit koud is)